Ontmoet

Ford Winnertz

Prokureur (BProc) – Universiteit van Pretoria

1961 - 1973

Mnr. Ford Winnertz het grootgeword op ‘n plaas naby Swartwater, langs die Limpoporivier. Sy laerskooljare is deurgebring by Laerskool Unitas in Swartwater vanaf 1961 tot 1967.

Hy het sy hoërskoolloopbaan begin by Hoërskool Piet Potgieter in 1968 en het matriek in 1972 voltooi. In 1973 het Mnr. Winnertz sy verpligte militêre diensplig voltooi, waartydens hy van Mei tot November 1973 in die Geniekorps op die grens by Rundu gedien het.

1979 - 1982

Na sy diensplig het hy sy regstudies aan die Universiteit van Pretoria voortgesit, waar hy sy B Proc regsgraad verwerf het. Hy het op 2 Januarie 1979 as klerk by Borman, Snyman & Barnard begin en is in Maart 1981 as prokureur toegelaat. Mnr. Winnertz het op 1 Maart 1982 junior vennoot by BSB geword.

1983 - 2022

Gedurende sy loopbaan het Mnr. Winnertz in verskeie regsvelde gepraktiseer. Vir die afgelope ongeveer 30 jaar het hy egter gespesialiseer in boedelbeplanning, testamente, boedelbereddering, algemene kommersiële regswerk, Hooggeregshof litigasie, likwidasies, insolvensies en Hooggeregshof invorderings.

Vanaf 2023

Mnr. Winnertz praktiseer tans as prokureur en konsultant vir Borman, Snyman & Barnard Ing. vanuit Grootbrakrivier in die Suid-Kaap.

Benewens sy professionele prestasies is Mnr. Winnertz passievol oor die buitelewe. Hy geniet dit om fiets te ry vir oefening, is ‘n ywerige jagter, en het ‘n groot belangstelling in skiet en vuurwapens.