Ontmoet

Jacobus van der Wateren

Prokureur, Aktevervaardiger & Notaris (BA & LLB – PU vir CHO)

1986 - 1988

Mnr. van der Wateren is ‘n direkteur van Borman Snyman & Barnard Ing., waar hy sedert 1997 praktiseer. Hy het sy matriek voltooi aan Potchefstroom Gimnasium in 1986 en het daarna twee jaar militêre diens gedoen by die Suid-Afrikaanse Inligting skool in Kimberley. Na sy basiese opleiding is hy gekies vir ‘n junior leierskursus en later gekies om aan te sluit by die Regiment Opleidingseenheid. In November 1987 is hy bevorder tot Tweede Luitenant, en in 1988 het hy as ‘n opleidingsoffisier by die Suid-Afrikaanse Inligting skool gedien.

1989 - 1994

In 1989 het Mnr. van der Wateren sy studies begin aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (nou Noordwes-Universiteit), waar hy sy Baccalaureus Artium-graad in 1991 en sy Baccalaureus Legum-graad in 1994 verwerf het.

1997 - 1999

Mnr. van der Wateren het sy klerkskap voltooi by Janse van Rensburg & Strydom in Westonaria, waar hy ook vir ‘n jaar as ‘n Professionele Assistent gewerk het. In 1997 het hy by Borman Snyman & Barnard Ing. aangesluit as ‘n Professionele Assistent en in 1999 ‘n vennoot geword. Gedurende sy loopbaan het hy uitgebreide kundigheid ontwikkel in verskeie regsvelde, met besondere fokus op kommersiële en siviele litigasie, kriminele verdediging en eiendomstransaksies.

2005 - 2009

Hy is in 2005 as ‘n Aktevervaardiger en in 2009 as ‘n Notaris toegelaat.

Vanaf 2010

Mnr. van der Wateren het meer as 30 jaar se regservaring in diverse aspekte van die reg en fokus tans op kommersiële reg, eiendoms- en notariële sake, boedelbeplanning, testamente, en boedel administrasie, terwyl hy ook kommersiële litigasie hanteer.

Buite sy regsloopbaan is Jaco van der Wateren ‘n toegewyde marathonatleet. Hy het deelgeneem aan tien Comrades-marathons, meer as tien Two Oceans-marathons, drie 100-myl wedrenne, twee half Ironman-wedrenne, en een volle Ironman-wedren

Mnr van der Wateren het vir jare gewerk en die gemeenskap gedien waarin hy verskeie leiersposisies beklee het, welke insluit as die voorsitter van die Potgietersrus Atletiek Klub, ouderling en diaken in die Gereformeerde Kerk, die voorsitter en stigterslid van die Kierieklapper Kunstefees welke aangebied is ten bate van die Dienssentrum vir Bejaardes. Hy was vir 10 jaar die voorsitter van die Kierieklapper Kunstefees en het hy vir 10 jaar gedien op die Dienssentrum vir Bejaardes se bestuur waarvan hy 6 jaar daarvan die voorsitter was.

Jaco van der Wateren was vir 13 jaar op die Beheerliggaam van Hoërskool Piet Potgieter waar hy die ondervoorsitter was vir etlike jare en daarna as voorsitter gedien het. In die tyd wat hy op die raad en komitee gedien het as die organiseerder was hy betrokke in verskeie groot gemeenskapsprojekte, onder andere die Kierieklapper Kunstefees, Cansa se Loop vir Hoop, verskeie marathons, en ander atletiek byeenkomste en fondsinsamelings geleenthede soos die 210km Liefdadigheidswedloop vir fondsinsameling vir bejaardes.